Afleveringen
-
Hoe beweeg ons van moeg en moedeloos na 'n lewe gevul met vreugde? Ontdek saam hoe God ons uitnooi om ‘n nuwe manier van leef te omhels. Stephan Joubert gesels met ons.
-
Welkom by eKerk Lewendig - Die Podcast. Ons kuier vandag saam met Johan Beukes - ons kuier saam rondom wat dit beteken om gewortel te wees in Christus.
-
Zijn er afleveringen die ontbreken?
-
Kom reis saam met Stephan Joubert. Die opname is in Rome Italië opgeneem in Julie 2024. Geniet die boodskap.
-
In ‘n wêreld waar invloed dikwels met mag en status geassosieer word, wys Jesus ‘n ander pad—dié van diensbaarheid. Sy woorde en dade kommunikeer nie net ‘n boodskap nie, maar bring genesing, roep ons tot aksie, motiveer en onderrig ons. Pierre Engelbrecht neem ons op ‘n reis deur sewe maniere waarop Jesus kommunikeer, en hoe Sy stem vandag nog ons lewens vorm.
-
God se stem bring lewe, skep orde, roep ons nader en wys die pad vorentoe. Tydens hierdie preek kuier ons saam met Pierre Engelbrecht rondom die Bybel om te sien hoe God steeds praat—en hoe ons kan leer om Sy stem te hoor en daarop te reageer.
-
Waar jy ook al is, skakel in by eKerk Lewendig! Vandag kuier ons saam met Stephan Joubert vanuit Psalm 25 waar hy gesels oor die tema: "𝘝𝘳𝘢 𝘎𝘰𝘥 𝘰𝘮 𝘫𝘰𝘶 𝘳𝘦𝘨 𝘵𝘦 𝘰𝘯𝘵𝘩𝘰𝘶... 𝘯𝘰𝘶 𝘳𝘦𝘦𝘥𝘴!"
-
Kom ervaar die betekenis en dieper verbintenis van Nagmaal as ons saam nadink oor God se liefde en genade.
-
Voel jy vasgeval? Is dit tyd vir verandering in jou lewe? Kom ontdek die geheim van herlewing! Stephan Joubert is vandag aan die woord. Ontdek hoe ware transformasie begin – jy wil dit nie misloop nie!
-
Stephan Joubert is vanoggend aan die Woord. Kuier saam!
-
2025 is die begin van iets nuuts! Kom kuier saam tydens ons eerste #EkerkLewendig #Preek vir 2025 en kom sien hoe ons die afsluitings van 2024 kan gebruik as 'n springplank vir 'n vreugdevolle, transformasie-ryke jaar.
Tema: Christus is in 2025 Vreugdevol die Wêreld Vol
Kom ontdek hoe jy Christus se teenwoordigheid in jou daaglikse lewe kan toelaat, jou hart kan aansteek en 'n nuwe identiteit vir 2025 kan omhels!
#EkerkLewendig #Vreugdevol2025
-
Geseënde Kersfees!
Stephan Joubert gesels met ons op hierdie spesiale dag.
-
Vandag gesels ons oor die tema: "Kyk en leef die regte Jesus raak."
Maak nie saak waar jy is of wanneer jy inskakel nie – jy's welkom hier! Laat ons saam die krag en waarheid van Jesus ontdek. -
Kom Vind Goeie Nuus vir ’n Moeë Hart Teen die einde van ’n uitdagende jaar voel baie van ons moeg en oorlaai.
Ontdek hoe Advent ons herinner aan hoop en krag in moeilike tye. Kom hoor hoe ons kan herlaai en voorbereid wees vir die jaar wat voorlê.
-
Het 2024 jou gevoel laat soos ’n skip in ’n woeste storm—deurmekaar, uitgeput, en sonder hoop? Ons almal het hierdie jaar se uitdagings op verskillende maniere ervaar, maar God hou ons vas wanneer die winde woed en die golwe ons wil oorweldig.
Sluit aan by hierdie #EkerkLewendig #Preek waar ons saam ontdek hoe ons in geloof kan stande bly, selfs wanneer die storms van die lewe ons tref. Ontvang hoop, bemoediging, en die belofte van God se krag te midde van jou moeilikste tye.
-
Stephan Joubert kuier vandag saam met ons oor die vraag: "Doen Jesus nog wonders?". Ontdek hoe Jesus steeds in ons lewens werk en hoe Sy krag 'n verskil kan maak, ook in joune.
-
Hoe laat ons die Heilige Gees ons lei teen die stroom van die wêreld en uiteindelik stroomaf in God se genade? Kuier saam met Stephan Joubert
-
Wat hou jou geloof op? Kom ontdek die "stellasies" in ons lewens wat ons geloof ondersteun, en soms ook beperk. Ons duik in die verhaal van Paulus en hoe hy die Evangelie met wysheid en liefde verkondig het, selfs in uitdagende kulturele kontekste. Wat beteken dit om die Evangelie in elke kultuur in te dra, soos Jesus self gedoen het?
-
Kom ervaar saam terwyl ons kyk na wat dit beteken om in ons nuwe identiteit in Christus te leef. Ons gesels oor die ou dinge wat ons mag agterlaat, en hoe ons die nuwe lewe in Sy genade en liefde kan omhels. Dit gaan oor meer as net “reg lewe”—dis ’n uitnodiging na ’n transformerende verhouding met Christus wat elke aspek van ons lewe raak.
- Laat meer zien