Afleveringen
-
Paul het al 31 boeke gepubliseer en istussentyd besig met sy eie memoires, wat die bos-oorlog insluit. Dit is hierdie memoires wat my veral interesseer.
Sy boeke kan bestel word by:
Groep 7 Drukkers: [email protected] I082 449 0574 I www.groep7-selfpublish-books.co.za
Kontak Paul direk: [email protected] I066 344 4154 I https://paul.who-els.co.zaPaul is ân afstammeling van Boere-generaal Louis Botha, Voortrekker Andries Potgieter en Hans Dons de Lange. In Januarie 1964 het hy by die Seinkorps van die Suid-Afrikaanse Weermag aangesluit. Aandie einde van daardie jaar is hy oorgeplaas na 5 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon in Ladysmith. Hy het in 1968 ân drie maande lange diensplig aan die grens verrig, waarna hy ân jaar lank as radio-operateur op Gough-eiland diens gedoen het. Met sy terugkeer na Suid-Afrika in 1969 het hy instrukteur by die Seinskool in Voortrekkerhoogte geword en teen die einde van daardie jaar is hy vir ân paar weke in Afrika ontplooi.
Gedurende 1975/1976 het Paul aan OperasieSavannah deelgeneem en aan die einde van 1978 is hy oorgeplaas na die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte as die eerste langafstand onderoffisier, radio-operateur en kriptograaf vir 5 Verkenningskommando. Op 35-jarige ouderdom het hy die valskermkursus voltooi en sy valskermvlerke verwerf.
In 1984 het hy Regimentsersant-majoor van dieNoord-Transvaalse Kommando Seineenheid geword, en vanaf 1992 het hy vir die Leër-inligtingskorps gewerk.
Nadat hy in 1996 afgetree het, het hy We Fear Naught but God geskryf. Die gewildheid van die boek het hom oortuig omvoort te gaan, vandag het hy al 31 boeke uitgegee en is hy tans met nog 4 geskiedkundige boeke besig. Waarin ek wel die meeste belangstel, is sy persoonlike memoires wat hy vir sy kinders opskryf.
-
Soms leef ân mens ân hele lewe⊠sonder om dit ooit werklik neer te skryf. Stories bly vasgevang in geheue
in stiltes
in dit wat ons kies om te onthou en dit wat ons probeer vergeet.Maar wat gebeur wanneer ons begin skryf?
Wanneer ons die moed het om woorde te gee aan dit wat ons gevorm het â
die mooi
die seer
die onverstaanbare?Vandag gesels ons oor memoire-skryf
nie net as ân manier om te onthou nie, maar as ân manier om te verstaan.Om sin te maak.
Om te verwerk.
En dalk⊠om iets van onsself terug te vind.
Ek is in gesprek met Juliana Coetzer â psigoterapeut enskrywer â oor die krag, die kompleksiteit en die eerlikheid wat dit vra om jou eie storie neer te pen.
Want jou storie⊠maak saak.Boeke deur Juliana Coetzer:
Bloedvreemd - â
https://kakkerlak.co.za/product/45443/â
Oorkant jou - â https://www.jonathanball.co.za/product/oorkant-jou/â
Die kind se naam is Anneke - â
https://www.nb.co.za/en/view-book?id=9780798181884
-
Zijn er afleveringen die ontbreken?
-
Hierdie is 'n meer persoonlike episode.
My pa; Stef van Rooy; hou nie van skryf nie en stuur elke week 'n storie via whatsapp se voicenote.
Ek laai hierdie stories dan op 'n USB stokkie en hou dit veilig in my memoire boek se boeksakkie.
Mag dit vir jou idees gee van hoe maklik dit regtig kan wees om jou storie te vertel (of skryf, ek verkies steeds skryf).
-
Waardigheidsterapie - Dignity Therapy
Michele van Loggerenberg, ân vryskut teksredigeerder en proefleser, staan persone in palliatiewe sorg by deur waardigheidsterapie (dignity therapy). Dit behels ân gesprek van ongeveer twee ure, die transkribering van die opname en na die dood van die persoon, die oorgee van die voltooide memoire in boek-formaat aan die familie.
Sy het verskeie kursusse in waardigheidsterapievoltooi, o.a deur Dr Harvey Max Chochinov (ân Kanadese akademikus en psigiater). BA Spraakterapie en Oudiologie, ân HoĂ«r Onderwysdiploma, Frans II en Loopbaanvoorligting staan ook agter haar naam.
Michele se kontakbesonderhede:
[email protected]
083 281 9944DrHarvey Max Chochinov:
https://www.youtube.com/watch?embeds_referring_euri=https%3A%2F%2Fwww.bing.com%2F&embeds_referring_origin=https%3A%2F%2Fwww.bing.com&source_ve_path=Mjg2NjQsMTY0NTAz&v=kaaK9RKGwaQ&feature=youtu.be -
Dr Roelf Schoeman, Pastorale- enTraumaberader, Narratiewe terapeut, voormalige lid van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep. PhD, Praktiese Teologie (Universiteit van Pretoria)
Bestel sy boek hier:
Weermagstories deur Roelf Schoeman
-
Nelia Drenth het Maatskaplike Werk aan die Universiteit van Johannesburg (voorheen bekend as RAU) (BA Maatskaplike Werk), die Universiteit van Pretoria (MA Mediese Maatskaplike Werk) en die Noordwes-Universiteit (PhD) studeer. Die titel van haar PhD-proefskrif is: Gekompliseerde rou in die Suid-Afrikaanse konteks â ân terapeutiese intervensieprogram.
Nelia het ân besondere belangstelling daarin om met mense te werk wat verlies ervaar het. Haar terapie fokus op die innerlike kragte wat in elkeen van ons lĂȘ, ten spyte van die pyn wat verlies en die dood meebring.
www.qualilifecare.org
Die boek wat Nelia aanbeveel: Om tot verhaal te kom
Bestel dit hier:
https://www.lapa.co.za/om-tot-verhaal-te-kom
-
Zarine Roodt het haar meestersgraad in Spelterapie voltooi, en haar verhandeling is getiteld: âWriting in Therapyâ.
https://uir.unisa.ac.za/handle/10500/2445
In hierdie studie het sy haar toegespits op die terapeutiese waarde van skryfwerk. Dit is iets wat haar baie na aan die hart lĂȘ, en sy pas dit steeds self toe; daarby dra sy dit ook oor tydens haar werksessies en retreats.
Zarine het twee memoirs geskryf: enkelreis en ân Dagreis ver wat op spesifieke lewensgrepe gebaseer is: die vooraand van 50 en 60 onderskeidelik. .
Sy is 'n deurwinterde byhouer van persoonlike geskiedenis: "Wanneer ek die dag my kop neerlĂȘ, sal daar min wees wat my seun nie van homself weet en van wat in sy ma se kop aangegaan het nie", is iets wat Zarine graag sĂȘ.
Zarine het jare lank aan die Vrystaatse Universiteit klas gegee â in Kommunikasiekunde â en is gemaklik om kennis op ân praktiese wyse oor te dra.
https://www.zarineroodt.com/en/
https://www.facebook.com/zarine.roodt/
https://www.penguinrandomhouse.co.za/book/ingrid-jonker-n-biografie/9781415209363
www.memoirebooks.co.za
-
In sy boek 'Venter en sy ranglose trawante hou die PF's besig' skryf Albertus die volgende:
Soos wat 'n mens ouer word is jou kop somtyds geneig om op ver paaie terug te loop. Hartseer en harde paaie wat vol dorings is maar ook die gappige en goeie paaie wat jy leer stap het met jou Army broers. Broers wat jy nooit sal vergeet nie. Opregte kamerade!
Vroeg het ek gevoel om nie te skryf oor gevegte en kontakte nie maar eerder oor die snaakse goedjies wat gebeur het tussen my en maters. Ons was almal innoverende planmakers met die doel om ons Armydae meer interessant en lekker te laat verbygly...
Luister gerus na ons gesprek oor die waarde van onthou en skryf.
Albertus se boeke kan direk by hom bestel word:
Facebook blad: Bungalo Bul-1977
Epos: [email protected]
-
Ek gesels gereeld met weermag veterane, en wat ek die heel meeste oor hierdie besondere groep mense waardeer, is jul âCan Do attitudeâ.
No-can-do
En dan is dit tog vreemd hoe die meeste veterane, wanneer hulle van hierdie projek hoor â met soveel âNO CAN DOâ redes vorendag kom.
Generaal de Vries
In hierdie heel eerste episode gesels generaal Roland de Vries saam met sy vrou Henriëtte oor die waarde van skryf, soos hulle dit self ervaar.
Oer-oue beginsel
Dalk is jy self 'n 'No-Can-Do' voorstaander. En dalk kan hierdie veteraan-span jou vandag oortuig dat daar besondere waarde in hierdie oer-oue beginsel skuil.No Can Do redes:
- Maar AnnĂ©, ek is nie ân skrywer nie.
- Maar Anné, ek het nie tyd nie.
- Maar Anné, ek mag oor soveel wat gebeur het, nie skryfnie (ooreenkoms van geheimhouding)
- Maar Anné, as jy nie daar was nie, sal jy nie verstaannie.
- Maar Anné, dis net te veel moeite om alles teverduidellik.
- Maar Anné, die oorlog is mos verby, nou moet ons niedaaroor skryf of praat nie.
- Maar Anné, ek het te min om oor te skryf, ek het netmy opleiding gedoen.
- Maar AnnĂ©, ek het te veel om oor te skryf â een boekis te min.
Luister saam -> 'like' die reeks -> ja, jy kan!
https://www.samvo.international/samvoint-new/veteran-roland-de-vries-sd-sm-mmm