Afleveringen
-
Jannie Pelser en gaste, Dr Llewelyn Curlewis, Jan Bosman en Adv Andrew Duminy gesels oor die sogenaamde "struggle" lied en haat spraak Perspektief
-
Jannie Pelser en gaste, Dawie Boonzaaier, Gert van der Westhuizen en Roland Henwood gesels oor Mnr Ramaphosa die RNE verdedig en die implikasies daarvan Perspektief
-
Zijn er afleveringen die ontbreken?
-
Wat het die ontstellende chaos in die wêreld met leierskap te doen? Wie is die hooffigure op die wêreld verhoog en hoe is dit gesteld met hul leierskap?
Jannie Pelser en gaste Prof Theo Venter, Gert van der Westhuizen en Mnr Ferguson gesels oor leierskap en wat alles daarmee verband hou Perspektief -
Jannie Pelser en gaste, Dr. Lindie Koorts, Herman Pretorius, Jan Bosman en Dr. Theuns Eloff, gesels oor die aanhaling van die Stellenbosch filosoof - Anton van Niekerk, in 'n Netwerk 24 plasing: "Kan ons nie as vrye mense (vry onder die Grondwet) ons verbind tot die hele SA nie?" Perspektief
-
Jannie Pelser en gaste, Prof. Andre Duvenhage, Prof. Theo Venter en Prof. Christo van der Rheede, gesels hierdie week verder oor verlede week se tema van hierdie program: Behoort SA sy probleme met die VSA te bespreek? Hierdie week word daar gesels oor die reaksies van swart Suid-Afrikaners oor die afvaardiging van Afri/Solidariteit. Perspektief
-
Jannie Pelser het 'n paar "gewone" mense die vraag gevra: behoort SA sy probleme met die VSA te bespreek en indien wel, wie verteenwoordig hul in die Withuis (AfriForum/Solidariteit of die SA regering) alhoewel die samestelling van laasgenoemde nog nie gefinaliseer is nie. Kom luister saam na wat was die antwoorde en die bespreking wat gevolg het.
Gaste: Adv. Andrew Duminy, Ds Johan Erasmus, Prof. Hein Willemse Perspektief -
Jannie Pelser en gaste, Prof. Cobus van Wyngaard, Ds. Muller Oosthuizen en Prof. Sharlene Swartz, gesels vandag oor die verklaring van wit Suid-Afrikaanse Christenleiers oor die onlangse aksies deur die Regering van die Verenigde State van Amerika Perspektief
-
Suid Afrika is tans 'n onrustige plek om in te woon na die uitvoerende bevel van Mnr. Trump. Sy inligting wil dit hê dat sekere groepe in Suid Afrika erg afgeknou word en dat eiendom links en regs vervreem word. Hierdie beweringe is opgevolg met 'n direktief wat finansiële steun aan Suid Afrika opskort. Jannie Pelse en gaste, Dr Oscar van Heerden, Jaco Kleynhans en Roland Henwood gesels oor hoe nou gemaak en wat is die pad vorentoe? Perspektief
-
Jannie Pelser en gaste, Prof Andre Duvenhage, Prof Pieter Duvenage en Prof Hennie Strydom gesels oor die waarskuwings van Mnr Trump aan Suid Afrika Perspektief
-
Jannie Pelser en gaste: Ds Rudie Swanepoel, Prof. Tanya van Wyk en Robert Vosloo gesels oor wat is die kerk se profetiese roeping in hierdie wêreld waarin ons onsself bevind. Mnr. Trump word deur baie beskou as 'n merkwaardige leier maar daar is ook diegene wat bekommerd is oor sy leierskap. Wat behels die kerk se werk in hierdie omstandighede en wat is die kerk se mandaat? Wat gebeur wanneer die kerk krities en bekommerd is oor die leiding wat leiers gee? Perspektief
-
Jannie Pelser en gaste: Prof Hein Willemse, Prof Theo Venter, Prof Antonie van Niewkerk gesels oor die uitdagings wat "nuus" in vandag se tyd het. Koerante word nie meer gedruk nie en sosiale media maak dit ook moeilik om te bepaal wat is ware nuus en wat is nie?
Tans in die nuus: Stilfontein Myn & onwettige bedrywighede van Zama Zamas.
Het die lewe in Suid-Afrika goedkoop geword? Perspektief -
Ons leef in 'n globale wêreld waar verwikkelinge in een deel van die wêreld na alle waarskynlikheid een of ander impak op ons in Suid-Afrika, en ook ander wêrelddele sal hê. Vandag help drie politieke wetenskaplikes: Prof. Theo Venter, Prof. Andre Duvenhage en Jaco Kleynhans, ons om die belangriker verwikkelinge te onderskei en te verneem hoe dit plaaslik uitspeel. Perspektief
-
Dit is inderdaad 'n nuwe jaar en soos met 'n balansstaat vra Jannie Pelser en gaste, Proff. Andre Duvenhage, Theo Venter en Dirk Kotze, die vraag vandag: wat het "ons" (Suid-Afrika, besluitnemers) om mee te werk? Die vraag "waaraan het "ons" 'n dringende behoefte, in so 'n mate dat dit die vrug en wen van die RNE kan bedreig" word ook bespreek in vandag se uitsending Perspektief
-
Jannie Pelser en gaste, Dr Willem Pretorius, Dr Andre van Niekerk, Dr Pieter Nagel en Prof Andre Duvenhage, gesels oor die Nuwe Jaar 2025 Perspektief
-
Jannie Pelser en gaste, Prof Wannie Carstens, Johannes Froneman, Dr Johan PIenaar en Past Danie van der Westhuizen deel 'Kers-gedagtes Perspektief
-
Jannie Pelser, Prof Andre Duvenhage en Prof Pieter Duvenhage kyk bietjie terug oor wat als in 2024 plaasgevind het Perspektief
-
Jannie Pelser en gaste, Dr Danie Langner, Hannes Noëth en Jan Bosman gesels oor Die Gelofte en Geloftedag 16 Des 2024 Perspektief
-
In vandag se program gesels Jannie Pelser met Prof, Theo Venter, Gert van der Westhuizen, Prof Anthoni van Nieuwkerk en Paul Sauer oor 'n klompie sakies onder andere:
Donald Trump wil Hamas 'n opstopper gee
Mnr Ramaphosa nooi Mnr Trump vir 'n potjie golf
Mnr Ramaphosa skuif die stoele op die dek
BELA wet krap steeds om
R2 mil koop 'n ete kaartjie vir MK se 1ste verjaarsdag
Zamas is nog steeds 'n kopseer Perspektief -
Jannie Pelser en gaste: Prof Christina Landman, Tina Thiardt en Tatum Rose, gesels oor die 16 Dae van Aktivisme teen die geweld teen vroue en kinders Perspektief
- Laat meer zien